Francois Henn, vriend en voormalige hoof van die Laerskool Outeniqua, wat 'n paar jaar gelede oorlede is, het twee karikature van my geteken tydens die Slagsinkompetisie van 1998 - 1999. Hier is die een wat hy "weggegooi" het en ek toe uit die snippermandjie gered het. Die "geslaagde" een is op die Slypskoolblad.
0 Comments
Foto: Myra Lochner, Ruïne, Ruiterbosch, distrik Mosselbaai
Hierdie foto, geneem op die gronde wat vroeër my oupa se plaas, Glenheath, omring het, is vir my baie simbolies. Deur nie te doen nie, kan 'n mens jou drome nie in stand hou nie ... en dan word jou vergesigte verlede en ... bouvalle. Maar selfs in die bouval is daar wesenlike skoonheid van verval. Daar sal altyd die moontlikheid wees van herstel en rekonstruksie ... altyd 'n begin wees ... ook na die einde. |
Myra LochnerEk is basies 'n gelukkige, tevrede siel. Swaarkry is vir my geen probleem nie, maar die kreatiewe koevoet waarmee ek onbeweeglike klippe uit die weg rol. Archives
October 2017
Categories |